Monday 19 May 2014

Mei en Junie Katalogus

Hallo beste leser,

 

Ons hoop as jy die e-pos lees, het jy lekker warm pantoffels aan jou voete en 'n stomende beker koffie in jou hand! Sit terug en geniet van ons vrolike katalogus. 

 

As gevolg van omstandighede buite ons beheer is ons nuwe webtuiste (www.lieflikker.co.za) nog onder konstruksie en daarom het ons besluit om weer 'n katalogus uit te stuur. Ons hoop om die webtuiste so spoedig moontlik aan die gang te hê, maar ons hou julle op hoogte van ons vordering. 

 

Dis alweer herfs en die koue winter maande begin nou stadig nader kruip. Maak dus seker jy, jou familie en vriende is gepantser teen die koue! Indien jy bang is vir die koue wintermaande wat voorlê, het ons die oplossing: koop nou 'n heerlike snoesige winterserp vir jou en jou geliefdes teen slegs R100. Dui asb. jou kleur voorkeur op die bestelvorm aan.


 

En om seker te maak jou hart bly vrolik ten spyte van die kaal en verlate landskap buite, vrolik jou tuin of jou stoep op met pragtige winter blomme. Dis nou saaityd vir Madeliefies en Gousblomme. Het jy nog nie saadjies nie? Moenie bekommer nie; Lief-Likker het die oplossing! Koop nou Madeliefie saadjies vir slegs R30 vir meer as 400 saadjies! Gousblomme (Calendula) is te koop teen R15 vir ongeveer 100 saadjies! Gousblomme is nie net mooi vir die oog nie, maar kan selfs in kosse gebruik word. Blare kan gesprinkel word oor slaaie en pastas en selfs gebruik word in koek, beskuit en muffin resepte. Dus maak seker jy het 'n paar blomme in jou tuin!

*Gousblom saadjies is nie geadverteer in die katalogus nie - koop terwyl voorraad hou.



 

Ons het ook twee nuwe verskaffers bygekry – gaan loer gerus by kategorie 2 en – en ondersteun tuisgemaakte en handgemaakte produkte!

 

Laaste, maar nie die minste nie - dankie vir almal se ondersteuning en belangstelling. Voel gerus vry om ons katalogus deur te stuur aan enige familie of vriende wat sal belangstel. 

 

Lief-Likker groete

 

 


--

No comments:

Post a Comment