Wednesday 13 February 2013

Basiliekruid Pesto
(Maak 1 koppie)

60 g vars basiliekruidblare
40 g amandels of dennepitte
2 huisies knoffel, gekap
50 g pecorino- of parmesaankaas, fyngerasper
200 ml olyfolie
sout, na smaak

Plaas basiliekruid, neute, knoffel en kaas in ʼn voedselverwerker en verwerk tot fyn. Voeg olyfolie geleidelik by terwyl die voedselverwerker op ʼn stadige spoed draai. Voeg sout na smaak by. Skep mengsel in ‘n gesteriliseerde houer en berg in yskas. 

No comments:

Post a Comment