Monday 19 May 2014

Mei en Junie Katalogus

Hallo beste leser,

 

Ons hoop as jy die e-pos lees, het jy lekker warm pantoffels aan jou voete en 'n stomende beker koffie in jou hand! Sit terug en geniet van ons vrolike katalogus. 

 

As gevolg van omstandighede buite ons beheer is ons nuwe webtuiste (www.lieflikker.co.za) nog onder konstruksie en daarom het ons besluit om weer 'n katalogus uit te stuur. Ons hoop om die webtuiste so spoedig moontlik aan die gang te hê, maar ons hou julle op hoogte van ons vordering. 

 

Dis alweer herfs en die koue winter maande begin nou stadig nader kruip. Maak dus seker jy, jou familie en vriende is gepantser teen die koue! Indien jy bang is vir die koue wintermaande wat voorlê, het ons die oplossing: koop nou 'n heerlike snoesige winterserp vir jou en jou geliefdes teen slegs R100. Dui asb. jou kleur voorkeur op die bestelvorm aan.


 

En om seker te maak jou hart bly vrolik ten spyte van die kaal en verlate landskap buite, vrolik jou tuin of jou stoep op met pragtige winter blomme. Dis nou saaityd vir Madeliefies en Gousblomme. Het jy nog nie saadjies nie? Moenie bekommer nie; Lief-Likker het die oplossing! Koop nou Madeliefie saadjies vir slegs R30 vir meer as 400 saadjies! Gousblomme (Calendula) is te koop teen R15 vir ongeveer 100 saadjies! Gousblomme is nie net mooi vir die oog nie, maar kan selfs in kosse gebruik word. Blare kan gesprinkel word oor slaaie en pastas en selfs gebruik word in koek, beskuit en muffin resepte. Dus maak seker jy het 'n paar blomme in jou tuin!

*Gousblom saadjies is nie geadverteer in die katalogus nie - koop terwyl voorraad hou.



 

Ons het ook twee nuwe verskaffers bygekry – gaan loer gerus by kategorie 2 en – en ondersteun tuisgemaakte en handgemaakte produkte!

 

Laaste, maar nie die minste nie - dankie vir almal se ondersteuning en belangstelling. Voel gerus vry om ons katalogus deur te stuur aan enige familie of vriende wat sal belangstel. 

 

Lief-Likker groete

 

 


--

Thursday 19 December 2013

Kersfees Tafel

Kersfees kom nader en jy dink al aan idees vir 'n vrolike somerkersfees.
Hier is 'n spogidee hoe om jou tafel te dek:
Gebruik stroke Hessian as 'runners' kombineer dit met geel en pers
en sit langs elke bord 'n kers

Monday 9 December 2013

Maak jou eie kerskrans:
Benodighede:
- Draadhanger
- Oorskiet groen/rooi lap
- Rooi/groen lint
- Skêr

1. Buig die draadhanger in 'n ronde sirkel
2. Knip die oorskiet lap en lint in 10cmX3cm stukkies
3. Knoop die lap en lint reg rondom die draadhanger (knoop die materiaal naby aan mekaar om die krans 'n vol effek te gee)
4. Hang die krans op teen 'n muur of 'n deur om 'n feestelike atmosfeer in jou huis te skep

Besoek ons webtuiste http://marjoleinstolper.wix.com/lieflikker vir die Desember en Januarie katalogus.
Lief-likker wens u almal 'n mooi Christusfees en 'n voorspoedige nuwejaar saam vriende en familie!

Monday 2 September 2013

Nuwe maand en nuwe Katalogus

Goeiemiddag almal!
Ons wens julle 'n gelukkige en mooi lente toe
en tweedens wil ons hierby ook bekend maak dat die nuwe SPETEMBER KATALOGUS uit is ...
en die keer met nuwe produkte en nuwe uitleg.
So moenie op jou laat wag nie...
besoek : http://marjoleinstolper.wix.com/lieflikker

Monday 5 August 2013

'n Ander spesiale aanbod in die Augustus katalogus:
Koop 400+ Zinnia (Jakob Regop) Saadjies vir R25.
Saadjies kan gesaai word in September en sal jou verseker van 'n vrolike blomtuin!

Hallo 


Die nuwe Augustus maand katalogus is beskikbaar op ons webtuiste. 
Let-wel: Die spesiale aanbod op die serpe is nie aangegee in die Augustus Katalogus nie.


Winskopie vir Augustus maand:
Koop enige dubbel gebreide serp of ruffle serp vir slegs R70 terwyl voorraad hou. 

Vir bestellings: Laai die bestelvorm af op ons webtuiste. Dui asb u kleur voorkeur vir die serp aan op die bestelvorm.